RESORT ATTENDANT STYWELYNE

59
BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

Bergrivier Munisipaliteit verseker die welstand van alle gemeenskappe in sy gebied deur ekonomiese groei, sosiale welstand,
gemeenskapsbetrokkenheid en effektiewe bestuur binne ‘n veilige en gesonde omgewing. Vroue en persone met gestremdhede
word aangemoedig om aansoek te doen.

Bergrivier Munisipaliteit, met sy hoofkantoor in Piketberg en ongeveer een uur vanaf Kaapstad, beskik tans oor die volgende
vakature en aansoeke word ingewag van bevoegde persone wat aan die gestelde minimum posvereistes voldoen.

DIREKTORAAT: GEMEENSKAPSDIENSTE
(Standplaas Piketberg, tensy anders gemeld)

WERKER: STRANDOORDE STYWELYNE (VELDDRIF)

Vereistes: Bevoegdheid in ten minste twee van die amptelike tale van die Wes-Kaap (skryf, lees en praat) ·
Vermoë om basiese berekeninge uit te voer · Hoë vlak van verantwoordelikheid · Vereis om buite normale werksure
te werk tydens noodgevalle en beplande oortyd · Moet pligte in die hele Munisipaliteit uitvoer wanneer dit vereis
word · Twaalf (12) maande toepaslike ondervinding.

Sleutel prestasie areas: Onderneem aktiwiteite wat verband hou met die handhawing van die netheid en
instandhouding van die oord rondom en chalets, was wasgoed, vee keramiek oppervlaktes, vloere, skoonmaak,
ontsmet ablusie eenhedee, en die uitvoering van algemene arbeidsverpligtinge in ooreenstemming met neergelê
instruksies · Onderneem spesifieke take/aktiwiteite wat verband hou met die handhawing van die netheid van die
oord, chalets en die ontspanningssaal · Verantwoordelik vir die stoor en versorging van gereedskap/toerusting ·
Voer enige ander verwante plig uit soos versoek word deur die Toesighouer.

Salaris: R 99 984.00 per jaar (T04 van ‘n Kategorie 3 Plaaslike Owerheid)

Diensaanvaarding: 01 Desember 2019 of so spoedig moontlik

Navrae: Mnr D Carolissen by (022) 913 6000

ALGEMEEN:


1. ’n Diensbonus gelykstaande aan een maand se salaris is, waar van toepassing, betaalbaar en word aangevul deur die normale

voordele van toepassing op die Munisipaliteit, met begrip van ’n behuisingstoelae vir huiseienaars, onderhewig aan sekere
voorwaardes.

2. Die Munisipaliteit is ’n gelyke geleentheid werkgewer en eerbiedig die bepalings van die Wet op Gelyke Indiensneming.
3. Die Munisipaliteit behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
4. Alle aanstellings is onderworpe aan Polisie verklaring wat noodwendig beteken dat applikante toestemming verleen dat dit verkry

mag word.
5. Aansoeke wat na die sluitingsdatum ontvang word of nie vergesel van die dokumentasie hieronder genoem nie, sal nie oorweeg

word nie.
6. Slegs aansoekers op die kortlys vir onderhoude sal gekontak word. Indien ‘n aansoeker binne 6 weke na die sluitingsdatum nog

geen terugvoering ontvang het nie, moet aanvaar word dat hul aansoek onsuksesvol was.
7. Gunswerwing by enige raadslid en/of enige lid van die aanstellingskomitee en/of enige personeellid van die Munisipaliteit, is

ontoelaatbaar en sal aansoekers onmiddellik diskwalifiseer.
8. Benewens die minimum posvereistes en standplaas hierin gestel, mag daar van posbekleërs verwag word om oortyd- en

bystanddiens te verrig, asook om van tyd tot tyd in ander dele van die munisipale gebied diens te lewer, soos vereis.
9. Aanstelling in sekere poste is onderhewig aan ’n sekerheidsverklaring en daar sal ook van aansoekers verwag word om ’n

onderhoud- en evalueringsproses te deurloop en waar van toepassing, ’n vaktoets af te lê.

’n Dekbrief met vermelding van ten minste drie kontakbare verwysings, vergesel van die voltooide voorgeskrewe aansoekvorm

(op aanvraag verkrygbaar by Tel: 022 913 6000 of op die munisipaliteit se webwerf by www.bergmun.org.za),‘n Curriculum Vitae (maksimum
3 bladsye) en gesertifiseerde afskrifte van die nodige kwalifikasie sertifikate, identiteitsdokument en bestuurderslisensie (slegs een pos
per aansoekvorm) moet by die Munisipale Kantore, Piketberg ingedien word of kan gepos word na Posbus 60, Piketberg, 7320 vir
die aandag van Mev. W Terry Thomas, om haar te bereik teen nie later nie as die sluitingsdatum. GEEN FAKSE OF ELEKTRONIESE
POS SAL AANVAAR WORD NIE.

SLUITINGSDATUM VIR ALLE AANSOEKE: VRYDAG 04 OKTOBER 2019 OM 15:00

ADV. H LINDE KERKSTRAAT 13
MUNISIPALE BESTUURDER POSBUS 60

PIKETBERG
MK170/2019 7320

Apply here!

Comments

Selibeng.com
Whether you are looking for your first job, a better job or just want to manage the direction of your career, explore educational opportunities, and/or pursue entrepreneurship, Selibeng.com offers the resources you need to make it happen.