HEAD: SPORT DEVELOPMENT

93
BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

Bergrivier Munisipaliteit verseker die welstand van alle gemeenskappe in sy gebied deur ekonomiese groei, sosiale welstand,
gemeenskapsbetrokkenheid en effektiewe bestuur binne ‘n veilige en gesonde omgewing. Vroue en persone met gestremdhede word
aangemoedig om aansoek te doen.

Bergrivier Munisipaliteit, met sy hoofkantoor te Piketberg en ongeveer 1 uur vanaf Kaapstad, beskik tans oor die volgende vakatures en
aansoeke word ingewag van bevoegde persone wat aan die gestelde minimum posvereistes voldoen.

DIREKTORAAT: KORPORATIEWE DIENSTE
(Standplaas Piketberg, tensy anders gemeld)

1. HOOF: SPORT ONTWIKKELING (PIKETBERG)


Posvereistes: Nasionale Diploma in Sportbestuur/ of ontwikkeling Kode B Bestuurslisensie Rekenaargeletterdheid (MS Pakket)
Bevoegdheid in ten minste twee van die amptelike tale van die Wes-Kaap (Afrikaans/Engels/Xhosa – Skryf, lees en praat)
Uitstekende Projekbestuursvaardighede Goeie menslike verhoudings, interpersoonlike- en uitstekende kommunikasievaardighede
Vermoë om op fynere besonderhede te let Hoë vlak van verantwoordelikheid Vermoë om onder druk te kan werk Passie vir
Sport-, Ontspanning- en Jeug ontwikkeling Vertroud met MFMA en wetgewing van toepassing op plaaslike regering administrasie
Grondige kennis van MIG vereistes en algehele nakoming Probleem oplossings- en uitstekende onderhandelingsvaardighede
Moet in ‘n span kan werk Organisasie en uitstekende tydsbestuurvaardighede Bereidwilligheid om ongereëlde tye soos na-ure en
naweke te werk 1 jaar ondervinding in die sleutel prestasie areas

Sleutel prestasie areas: Die Beplanning en koördinering van sport ontwikkeling deur kontak met Sportsrade Lewering van insette

aangaande die jaarlikse kapitale- en operasionele begroting sowel as die jaarlikse aansuiweringsbegrotings proses Bou

verhoudinge en kommunikeer met sportsrade Bywoning van sportsraad vergaderings Tree op as verteenwoordiger by Sportraad

vergaderings Fasiliteer die optimale gebruik van sportsfasiliteite Bestuur en koördineer plaaslike sportsaktiwiteite Versprei

inligting en organiseer sport verwante projekte, programme, klubontwikkeling en opleiding vir diegene wat deel neem vir plesier

sowel as diegene wat belangstel in kompetering op alle vlakke, vanaf plaaslik tot nasionaal en internasionaal.

Salaris: R 247 872.00 per jaar (T12 van ‘n Kategorie 3 Plaaslike Owerheid)

Diensaanvaarding: 01 November 2016 so spoedig moontlik

Navrae: Mnr DA Josephus by (022) 913 6000

ALGEMEEN:

1 ’n Diensbonus gelykstaande aan een maand se salaris is, waar van toepassing, betaalbaar en word aangevul deur die
normale voordele van toepassing op die Munisipaliteit, met inbegrip van ’n behuisingstoelae vir huiseienaars, onderhewig
aan sekere voorwaardes.

2 Die Munisipaliteit is ’n gelyke geleentheid werkgewer en eerbiedig die bepalings van die Wet op Gelyke Indiensneming.
3 Die Munisipaliteit behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
4 Alle aanstellings is onderwerpe aan Polisie klaring wat noodwendig beteken dat applikante toestemming verleen dat dit

verkry mag word.
5 Aansoeke wat na die sluitingsdatum ontvang word of nie van die dokumentasie hieronder vergesel word nie, sal nie

oorweeg word nie.
6 Slegs aansoekers op die kortlys vir onderhoude sal gekontak word. Indien ‘n aansoeker binne 6 weke na die

sluitingsdatum nog geen terugvoering ontvang het nie, moet aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
7 Gunswerwing by enige raadslid en/of enige lid van die aanstellingskomitee en/of enige personeellid van die Munisipaliteit,

is ontoelaatbaar en sal aansoekers onmiddellik diskwalifiseer.
8 Benewens die minimum posvereistes en standplaas hierin gestel, mag daar van posbekleërs verwag word om oortyd- en

bystanddiens te verrig, asook om van tyd tot tyd in ander dele van die munisipale gebied diens te lewer, soos vereis.
9 Aanstelling in sekere poste is onderhewig aan ’n sekerheidsklaring, en daar sal ook van aansoekers verwag word om ’n

onderhoud- en evalueringsproses te deurloop, en waar van toepassing, ’n vaktoets af te lê.

’n Dekbrief met vermelding van ten minste drie kontakbare verwysings, vergesel van die voltooide voorgeskrewe aansoekvorm

(op aanvraag verkrygbaar by Tel: 022 913 6000 of op die munisipaliteit se webwerf by www.bergmun.org.za),‘n Curriculum Vitae (maksimum 3
bladsye) en gesertifiseerde afskrifte van die nodige kwalifikasie sertifikate, identiteitsdokument en bestuurderslisensie (slegs een pos per
aansoekvorm) moet by die Munisipale Kantore, Piketberg ingedien word of kan gepos word na

Posbus 60, Piketberg, 7320 vir die aandag van Me AG Louw (Bestuurder: Menslike Hulpbrondienste), om haar te bereik nie later nie as die
sluitingsdatum. Geen fakse of elektroniese pos sal aanvaar word nie.

SLUITINGSDATUM VIR ALLE AANSOEKE: VRYDAG, 09 SEPTEMBER 2016 OM 15:30

Apply here!

Comments

Selibeng.com
Whether you are looking for your first job, a better job or just want to manage the direction of your career, explore educational opportunities, and/or pursue entrepreneurship, Selibeng.com offers the resources you need to make it happen.